Please reload

Recent Posts

Importance of an Entrepreneurial Mindset

January 26, 2018

1/1
Please reload

Featured Posts

Seeing is Believing? – Sien is Glo?

March 7, 2014

As jy na die makro-kosmos kyk gebeur daar een van twee dinge met jou:  Of jy verloor heeltemal jou geloof omdat dit alles net te groot is of jy val op jou knieë neer en aanbid hierdie Asemrowende, Alomteenwoordige, Soewereine God en Vader.  

 

 

 

Ek dink besigheidsmense kan soms sukkel om in te koop in die evangelie, omdat hulle met baie tasbare en sigbare dinge besig is.  “Seeing is believing”  is baiekeer die motto.

 

Thomas een van Jesus se dissipels het ook die probleem gehad.  Hy was aanvanklik nie by gewees toe Jesus aan Sy dissipels verskyn het nie.  Toe die dissipels vir hom sê dat Jesus aan hulle verskyn het, wou hy hulle nie glo nie. 

 

In Johannes 20 vers 25(b) sê Thomas die volgende: 

 

“As ek nie die merke van die spykers in Sy hande sien en my vinger in die merke van die spykers steek en my hand in sy sy steek nie, sal ek nooit glo nie”

 

Ag dae later verskyn Jesus weer aan die dissipels en Hy sê toe vir Thomas in vers 27:  “Bring jou vinger hier en kyk na My hande; en bring jou hand  en steek hom in My sy; en moenie langer ongelowig wees nie, maar wees gelowig”Nou ons almal is baiekeer so, dat ons eers wil sien en dan wil glo – want dit is net baie makliker natuurlik.  Maar geloof werk nie so nie.

 

In vers 28 sê Thomas:  “My Here en My God!” Vers 29  sê Jesus vir Thomas:  “Glo jy nou omdat jy My sien?  Gelukkig is die wat nie gesien het nie en tog glo”.

 

Geloof, so sê die Hebreërskrywer vir ons in Hebr. 11:1 is:  “Om te glo is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.”  Ek was vanoggend so 08h00 by News Cafe in Bloubergstrand.  Die mis was geweldig dik, soveel so dat ek die see en Tafelberg glad nie kon sien nie – maar ek het geweet dat die see en die berg daar is alhoewel ek dit nie kon sien nie.

 

Baiekeer ook in besigheid is dit asof daar ‘n misbank oor ons sak as gevolg van omstandighede, dit gaan nie goed met besigheid nie, die geld kom nie in nie en ewe skielik wonder ons of God daar is, want ons ervaar dat Hy afwesig is. 

 

Weet verseker Hy is daar,  die misbank van omstandighede het Hom vir jou vir ‘n wyle kom wegsteek.

 

Mag julle hierdie week goeie besigheid doen – al gaan dit partykeer sleg weet Hy is daar, al sien julle Hom momenteel nie.  Die besigheidsmense met wie ek te doen kry is mense met geloof – want hulle moet meeste van die tyd besluite in geloof neem en glo dat hulle besluite gaan uitwerk. 

 

Bly glo en bid en vertel vir andere van julle geloof en wat Hy vir julle in besigheid beteken.

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Follow Us
Please reload

Search By Tags