Please reload

Recent Posts

Importance of an Entrepreneurial Mindset

January 26, 2018

1/1
Please reload

Featured Posts

Beste Vriende en Kollegas

May 23, 2013

 

Beste Vriende en kollegas.

 

Hier weer in JHB na ‘n lang week en dag met n klomp verlange na my gesin, en ‘n beplande vroeër inkruip vanaand, sit ek nou van nuuts af met die gebed tot ons skepper om my te help om die AGL Groep, Sy besigheid rigting te gee en te neem waar Hy dit wil hê.

 

My frustrasie gebore vandag uit verskillende situasies, met ‘n tekort aan alles, en binne die alles van tekort verder geen teken van uitnemendheid teenwoordig is nie.

Verder was vandag vir my absolute realisering van hoe groot ons tekort aan transformasie leierskap is en dat ons absolute uitdaging daarin lê om dringend leiers te ontwikkel wat die rare vermoë het om te lei uit die toekoms soos dit ontvou.

 

Onmiddellik het die Here my herinner aan Ps 69. Trek jouself uit die modder, en hou op om jou besig te hou met die dinge van die mens en al sy tekortkominge. Bly fokus op My as middelpunt, en ek gee uitkoms.

 

Nou ja soos genoem ons maatskappy doelstellings :

 

1. Om God te verheerlik in alles wat ons doen.
2. Om ons medemens te dien.
3. Om maksimum impak te hê op die, wie se lewens ons raak.


Soos genoem was die afgelope twee dae uitsonderlike dae wat ek tot murg en been getoets en ontwikkeld was met alles wat my omring het met die een of ander tekort aan uitnemendheid.

 

Om nou Ps 69 te neem en te leef? gegewe my geaardheid, ‘n serious challenge, ek die tipiese control freak! Toe raak ek stil by een van die mooiste stukke in ons Kanonieke teks, Jesaja 58, sommer die hele hoofstuk, en daar lê ‘n klomp praktiese dinge en rigting vir onmiddelike uitvoering.


God het ‘n afsku in skein aanbidding, gepaard gaande met ons oor-fokus op die dinge van die Here en nie ons Fokus op die Here van die dinge nie. Hy maak dit duidelik dat daar ‘n paar verhoog gewoontes is wat ons onsself mee besig hou, en dan die vermetelheid te hê, om moeilik te raak met ons Skepper omdat Hy deur ons sien met ons motief so rigtingloos….

 

Net soos baie van ons ons stemtoon verander (karakter verander wanneer ons hardop bid) in ‘n groep.

 

Tot ons Sabbat het nou al ‘n verhoog geword van aangeleerde gewoontes rondom die dinge van die Here. Dink bietjie hoe ons ons Sondae deurbring, en ook op die enkele dag kry God twee ure? 

 

Kan julle glo ons dink, ons kan God impress met enige iets wat ons doen op ons geloofs stage? MAN, ons doen en aksies kom tot Niks en is nietig voor die almag van ons Skepper.

 

Wat het geword van ons deurlopende soeke na sy teenwoordigheid in ons lewens? Heel week lank. Die middelpunt. Een ding is duidelik God kommunikeer nie met ons deur die beperkings van ons aardse taal nie, wat Hy wil, verskyn in ‘n oogopslag, as ‘n gedagte, met onmiddellike betekenis, meer werklik as dit wat jy en ek kan voel in die materiële.


Maar om dit werklik te beleef moet jy God sewe dae ‘n week as die middelpunt van alles wat jy beplan om te doen, dit wat jy reeds doen en ook die goete van wat jy uitkomste verwag, die middelpunt hou en deel maak in alles.

 

As Hy sien ons probeer, onderneem Hy om na ons te kyk en veilig te hou… VAN AGTER AF… Amazing ons doen en besluit in vrye wil, en Hy sort uit!!!!

 

Dan weer, al wat Hy verwag:

 

1. Mense wat onregverdig gehanteer is maak dit reg.
2. Help om mense se las bietjie ligter te maak.
3. Help die wat honger is en gee hulle kos.
4. Help om hawelose mense te help met ‘n dak oor hulle kop en warm te slaap.

5. Om klere te gee vir die wat dit nodig het.

6. Nie jou familie weg te wys indien hulle jou hulp nodig het nie.

7. Hou op met die beskuldigende vinger en kwaad pratery.

 

God se belofte dan aan ons, Hy sal ons lei, al is dit deur kwaai droogte en jou voorsien aan al jou behoeftes.

 

Dan maak hy weer sy Nageslag belofte en beloof om te kyk na ons kinders, en beloof dat hulle die land sal herbou, en jy en ek onthou sal word met legacy. Iemand wat help herbou het aan die hoeksteen van die mensdom.

 

Vrede vir julle almal en mag julle groot legacy bou in julle besighede en lewens.

 

Johan Slabbert.

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Follow Us
Please reload

Search By Tags